In 2003 het ek my eerste profetiese woord ontvang by 'n kamp met die tema "Doen", aangebied deur Amilia Meiring (Botha). Daardie dag het iets diep binne my begin leef, al het ek toe nog nie verstaan hoe lank en moeilik die pad sou wees nie. God het 'n droom in my hart geplant, 'n droom wat vir meer as twintig jaar sou bly staan.
Daar was baie afdraai paaie, seer en baie twyfel. Tog het elke moeilike seisoen my voorberei vir die roeping wat God oor my lewe uitgespreek het.
2021
Daardie jaar het Betsie Joubert dieselfde woord wat ek jare tevore ontvang het, weer bevestig. Dit het gevoel asof God weer sê: "Ek het nie vergeet van die droom wat Ek in jou geplant het nie."
In Augustus 2022 ontvang ek nóg 'n word, hierdie keer deur Andries van Heerden. Hy vra my in: "Alive at 5" woord: "Wanneer gaan jy nou begin kampe doen?" Maar nog voordat hy klaar praat, hoor ek die Here se stem soos 'n leeu wat brul. In daardie oomblik het ek geweet: dit is God wat praat. Ek kon nie langer wegstap van Sy roeping vir my nie. My liefde vir Hom was te groot om ongehoorsaam te bly.
God het toe vir ons 'n Skrif gegee: "1 Johannes 2:27 – Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie."
En net daar is Back2Basics gebore – nie uit groot planne of baie geld nie, maar uit eenvoudige gehoorsaamheid. Net 'n jagkamp. Net twee mense wat bereid was om "ja" te sê. Want God stuur dikwels twee-twee uit.
Kort daarna het ek op 'n 40-dae vas gegaan, dit was in een van die moeilikste tye van my lewe. Ek het begin vas en bid vir die kampe en my familie. Ek het dikwels gevoel hierdie is te groot vir my. Maar selfs in daardie tye het God getrou my herinner aan Sy beloftes oor my, wat vas staan.
Ons eerste kamp was op 30 September 2022 – net ses weke nadat ek die woord ontvang het. Daar was net sewe dames. Ons was bang, onseker en opgewonde alles op dieselfde tyd. Daar was baie teenkanting en selfs mense wat probeer het om die droom te steel, maar God het ons telkens herinner aan Lukas 16:10: "Wees getrou in die klein dinge."
Deur elke kamp het God vir ons gewys dat Hy nie groot begin nodig het nie. Hy sê net: "Gebruik wat julle het." En dis presies wat ons gedoen het.
En elke keer wanneer ons gevoel het ons kan nie meer nie, het Hy die regte mense gestuur om saam met ons te bou, te dra en aan te hou glo.
Wat begin het as 'n wilde en eenvoudige jagkamp, het verander in 'n plek waar mense die tasbare teenwoordigheid van God ervaar. Tot vandag toe bly Back2Basics 'n stap van geloof, gehoorsaamheid en volle vertroue in God.
The joy is in the journey.
In 2003, I received my first prophetic word at a camp with the theme "Doen" ("Do"), hosted by Amilia Meiring (Botha). That day, something deep inside of me came alive — even though I did not yet understand how long and difficult the journey would be. God planted a dream in my heart, a dream that would remain for more than twenty years.
There were many detours, pain, and a great deal of doubt. Yet every difficult season prepared me for the calling God had spoken over my life.
2021
That year, Betsie Joubert confirmed the same word I had received years before. It felt as though God was saying again: "I have not forgotten the dream I planted in you."
In August 2022, I received yet another word, this time through Andries van Heerden. During an "Alive at 5" message, he asked me: "When are you going to start doing camps?" But before he could even finish speaking, I heard the voice of the Lord like a roaring lion. In that moment, I knew: this was God speaking. I could no longer walk away from His calling on my life. My love for Him was too great to remain disobedient.
God then gave us a Scripture: "1 John 2:27 — His Spirit teaches you all things, and what He teaches is truth and not a lie."
And right there, Back2Basics was born. Not out of big plans or a lot of money, but out of simple obedience. Just a hunting camp. Just two people willing to say "yes." Because God often sends people out two by two.
Shortly after that, I went on a 40-day fast. It was during one of the most difficult seasons of my life. I began fasting and praying for the camps and my family. I often felt that this was too big for me. But even in those seasons, God faithfully reminded me of His promises over my life, which stand firm.
Our first camp was on 30 September 2022, only six weeks after I received the word. There were only seven ladies. We were afraid, uncertain, and excited all at the same time. There was much opposition, and even people who tried to steal the dream, but God continually reminded us of Luke 16:10: "Be faithful in the small things."
Through every camp, God showed us that He does not need big beginnings. He simply says: "Use what you have." And that is exactly what we did.
And every time we felt we could not continue, He sent the right people to help us build, carry the burden, and keep believing with us.
What started as a wild and simple hunting camp has become a place where people experience the tangible presence of God. To this day, Back2Basics remains a step of faith, obedience, and complete trust in God.
The joy is in the journey.